WAT Met Willim Welsyn Podcast — Willim Welsyn, 4 Feb Episode 41. - Koos Kombuis · Willim Welsyn – iono·fm

Ek kry uiteindelik die geleentheid om vir ’n uur lank met my childhood hero en gunsteling Afrikaanse songwriter te gesels en die gesprek stel nie teleur nie. Dus is dit geen verrassing dat die gesprek die hele arc van Koos se loopbaan as skrywer en musikant probeer dek het: Van kinderdae tot Voëlvry-vibes, sy bedanking uit die Afrikanerdom, wat alles gebeur het op daai trein-trip KKNK toe, van verslawing na suburbia, van Weskoppies tot by Somerset-Wes, sy verhouding met sy collaborators en sy nuutse jeugroman Monster Goggas wat einde Februarie uitkom.